top of page
Top of Page

Toelating tot WH de Klerkskool

  1. Volgens die beleid wat neergelê is deur die Onderwysdepartement, mag slegs matig intellektueel geremde leerders (MMID) hier toegelaat word.
     

  2. Ouderdomskriteria:

    • Vanaf die jaar wat die leerder 13 word tot 15 jaar en 6 maande.

    • Geboortesertifikaat/ID is verpligtend.

    • Geen leerder ouer as 15 jaar en 6 maande sal oorweeg word vir toelating nie.
       

  3. 'n Leerder moet twee keer gedruip het in die laerskool of 'n tweede, dreigende druiping is 'n gegewe moontlikheid. Remediëring moet eers ontvang word voordat beroepsgerigte onderwys oorweeg word.
     

  4. Die personeel by die huidige skool moet die SNA 1 en SNA 2 vorms invul. Die hoof van die skool moet dié vorms, saam met die DBE 123a vorm aan die DBST stuur, sodat die SNA 3 en DBE 123b vorms ingevul kan word, alvorens 'n aansoek vir opname in 'n beroepsgerigte skool oorweeg sal word.

    Voordat ouers kan aansoek doen vir opname by WH de Klerkskool, moet die leerder deur 'n sielkundige geëvalueer word, hetsy sielkundige van die onderwysdepartement of in privaatpraktyk.

    Sielkundiges in privaatpraktyke wat genader kan word is o.a.:
    Abie Smith                - (013) 697 1144 (Witbank)
    Thea Veldsman      - (082) 672 2297 (Witbank)
    Gregory Beck          - (013) 656 4197 (Witbank)
    Jacolien Greyling  - (013) 243 5263 (Middelburg)

     

  5. Na sielkundige evaluasie mag aansoek gedoen word vir opname by 'n beroepsgerigte skool. Leerders sal eers 'n skolastiese jaarplasingstoets van WH de Klerkskool skryf voordat hy/sy oorweeg sal word vir toelating.

    Baie belangrik:
    Die resultate van die plasingstoetse en die evaluasie van die sielkundige moet korreleer. Die deurslaggewende faktor vir oorweging vir opname is die skolastiese vermoë van 'n leerder en nie noodwendig die IK-telling nie. Laasgenoemde dien slegs as 'n riglyn.

    Geen jaarplasingstoets sal deur 'n leerder geskryf word, indien die volgende dokumente nie tydens die toetsing ingehandig word nie:
    - Geboortesertifikaat/ID.
    - 'n Onlangse sielkundige verslag.
    - Bewys van LSEN-nommer.

     

  6. As die skool egter vol is, sal die leerder se naam op 'n waglys geplaas word totdat daar plek in die spesifieke klas is, soos uitgewys deur die jaarplasingstoets. Dit is egter die ouers se plig om van tyd tot tyd navraag te doen rakende plasing. Terwyl die betrokke leerder se naam op die waglys is, moet hy/sy voortgaan met skoolbywoning by die huidige skool.
     

  7. LET WEL: Alle toelatings is eers voorwaardelik vir 3 maande. Indien die leerder se aanpassing en gedrag in skoolstruktuur gewens is, sal toelating permanent wees.

bottom of page