Tegniese Beroepsgerigte Kurrikulum
1. DOEL VAN DIE TEGNIESE BEROEPSGERIGTE KURRIKULUM (TBK)
​
Om die grondslag te lê vir kwalitatiewe, gestandaardiseerde vaardigheidsopleiding, wat die belangstelling
en aanleg van ons leerders aanspreek. Om die leerders toe te rus om toegang tot spesifieke
werksgeleenthede, of tot ‘n ambagsgerigte werkplek, waar hulle indiensopleiding kan ontvang, te
verkry. Dit kan hulle in staat stel om moontlik `n kwalifikasie by ‘n buite instansie/tegniese kollege te
verwerf.
2. TOELATING TOT WH DE KLERKSKOOL
​
Die profiel van 'n leerder wat by ons skool toelating mag kry:
​
-
Leerders word ge-assesseer deur 'n omvattende evalueringsproses, soos deur die Departement van Basiese Onderwys saamgestel, wat belangstelling en aanleg in die praktiese vaardigheidsopleiding sal bepaal.
-
Nuwe leerders word, nadat hulle jaarplasingstoetse geskryf het, in Oriëntering 1, 2 of Jaar 1 geplaas (ouderdom 13-15 jaar) met inagneming of daar plek in die skool is.
Verwagte ouderdom van leerders tydens skoolloopbaan:​
-
Oriënteringsfase 1 - 12 tot 13 Jaar
-
Oriënteringsfase 2 - 13 tot 14 Jaar
-
Jaar 1 - 14 tot 15 Jaar
-
Jaar 2 - 15 tot 16 Jaar
-
Jaar 3 - 16 tot 17 Jaar
-
Jaar 4 - 17 tot 18 Jaar​​​
3. VAKKE AANGEBIED:​
-
Skolastiese Vakke:
-
Afrikaans (Huistaal/Eerste Addisionele Taal)
-
English (Huistaal/Eerste Addisionele Taal)
-
Wiskunde
-
Lewensvaardighede:
-
Persoonlike en Sosiale Welstand
-
Natuurwetenskappe (vanaf Jaar 2)
-
Liggaamlike Opvoeding
-
Kreatiewe Kuns:
-
-
Musiek
Visuele Kuns
-
Informasie en Kommunikasie Tegnologie:
-
Hierdie vak is verpligtend vir leerders (Jaar 1 - 4) en word as verryking aangebied. Dit is nie 'n eksamenvak nie.
-
-
Beroepsgerigte Vakke:
-
Oriënteringsfase 1 en 2: Basiese hand- en vakvaardighede.
-
Jaar 1:
-
SEUNS - Kwartaal 1 – 3: Leerders kies 3 vakke uit die volgende moontlikhede (1 per kwartaal):
Sweiswerk
Motorwerktuigkunde
Loodgieterswerk
Houtbewerking
Elektrisiënswerk
Instandhouding
Kwartaal 4: Die vak wat as spesialisvak gekies is vir Jaar 2 - 4.
Oorpakke is verpligtend in al die werkswinkels/sentrums en moet self aangekoop word.
-
DOGTERS - Kwartaal 1 – 3: Dogters roteer elke ± 7 weke per vak.
Haarkappery
Voedselproduksie
Vroeë Kinderontwikkeling
Kantooradministrasie
Kwartaal 4: Die vak wat as spesialisvak gekies is vir Jaar 2 - 4.
-
-
Jaar 2-4:​
The “TO Kurrikulum” bepaal dat leerders vanaf Jaar 2 slegs een beroepsgerigte vak moet kies waarin hulle tot en met Jaar 4 sal spesialiseer, mits hulle aan slaagvereistes voldoen.​
-



