Skooldrag
Die korrekte skooluniform is baie belangrik om eenvormigheid en die beeld van die skool na buite te dra. Dit dra ook by tot die leerder se trots en respek vir die skool. Ouers moet sorg dat hul kinders volgens die bepalings in die gedragskode aangetrek is.
Algemeen
-
. Musse en pette mag nie;
-
in die klasse, werkswinkels/sentrums gedra word nie.
-
tydens `n byeenkoms op die aantreevlak gedra word nie.
-
tydens `n saalbyeenkoms gedra word nie.
-
-
Indien die reël nie nagekom word nie, kan die personeel die musse en kepse vat.
-
Tatoeëermerke moet sover moontlik bedek wees en nie opsetlik sigbaar wees nie.
-
Geen oog-, neus-, tong- of lipringe mag gedra word nie.​
Dogters
-
Grys skoolromp. Lengte van romp is 4 vingers bokant die knieg.
-
Grys skoollangbroek.
-
Wit skoolhemp met kort of lang moue en `n swart skooldas (opsioneel).
-
Grys/swart kouse. Geen “secret socks” word toegelaat nie.
-
“Bobby socks” en gewone dik swart sykouse vir die winter (geen gewone sykouse).
-
Swart skoolskoene is verpligtend.
-
Swart v-hals oortrektrui (pullover) moet oor die skoolhemp gedra word.
-
Swart skoolbaadjie, swart “dri-mac”, swart skooltrui – Geen embleme nie.
-
Swart handskoene en swart serp vir die winter.


Girls Leaders Schoolwear
Girls Learner's Schoolwear
Seuns
-
Grys skool kortbroek/langbroek.
-
die broekspype mag nie aangepas word om smaller te lyk nie. Ritssluiers mag nie in die broekspype gevoeg word nie.
-
-
Wit skoolhemp met kort of lang moue en `n swart skooldas (opsioneel).
-
Grys/swart kouse. Geen “secret socks” word toegelaat nie.
-
Swart skoolskoene is verpligtend.
-
Swart skoolbaadjie, swart “dri-mac”, swart skooltrui en swart v-hals oortrektrui (pullover) – Geen embleme nie.
-
Swart skoolkeps vir die somer – verkrygbaar by die kantoor.
-
Swart handskoene, skoolmussie en swart serp vir die winter.



Boys Leaders Schoolwear
Boys Shorts Schoolwear
Boys Trousers Schoolwear